Please update your browser: Your browser isn’t supported anymore. Update it to get the best experience from our website by downloading Google Chrome.

Passiewe en aktiewe beleggings – een of albei?


Passiewe en aktiewe beleggings – een of albei?

Oorwegings met aktiewe en passiewe beleggings

Wanneer daar besluit moet word oor aktiewe of passiewe beleggings, is dit belangrik om te weet wat die verskil tussen die twee is.

‘n Aktiewe benadering het ten doel om geleenthede te vind wat die mark gaan oortref. Bedrewe batebestuurders versamel, analiseer en interpreteer data en kies maatskappye wat hulle glo in alle waarskynlikheid ’n voorafbepaalde maatstaf sal oortref. Batebestuurders maak gebruik van omvattende navorsing, professionele oordeel en industrie-ervaring om aktief effekte te koop, hou of verkoop met die doel om alfa te genereer (opbrengste hoër as ’n markindeks). Die nadeel van ’n aktiewe benadering is dat min batebestuurders dit regkry om konsekwent hierdie doelwit te bereik. 

‘n Passiewe benadering behels belegging in ’n mandjie van effekte wat ’n markindeks of maatstaf naboots (ook bekend as ’n “indeksvolger” en beursverhandelde fondse [ETF’s]) pleks van probeer om die mark te oortref. Met ander woorde, ’n indeksvolger probeer die markopbrengs so na as moontlik ewenaar.  

Passiewe beleggings is oor die algemeen meer kostedoeltreffend vanweë eenvoudiger administratiewe vereistes, wat lei tot laer transaksiekostes en besparings op navorsingskostes.

w

 

Hoekom kies as jy die twee kan kombineer?

Die gesprek oor aktief vs passief het baie sterk argumente aan albei kante van die spektrum. Ten spyte van vooraanstaande denkers se bydraes tot die debat, is die antwoord nóg aktief nóg passief: dit is albei.

’n Vermenging van aktief en passief laat ’n meer holistiese benadering toe. Die kombinering van die twee verminder afhanklikheid van die marksiklus. Boonop verminder dit kostes wanneer passiewe beleggings in aktiewe portefeuljes gebruik word.

In die huidige ekonomiese klimaat sal baie mense soek na die mees kostedoeltreffende geleenthede en die voor- en nadele opweeg voordat hulle ’n produk of diens kies. Eweneens mag jy as ’n belegger dalk ook meer kostebewus wees in die oorweging van ’n belegging.

In ooreenstemming met die regering se voortgesette aftredehervormings is fooi- en kostestrukture nou duideliker en meer gestandaardiseerd van toepassing op alle beleggingdiensverskaffers. Inisiatiewe soos die Effektiewe Jaarlikse Koste (EJK)-standaard, ingestel in 2017, maak dit vir beleggers moontlik om die fooie en kostes van beleggingsoplossings van verskeie diensverskaffers met mekaar te vergelyk. Die mees onlangse verandering het op 1 Maart 2019 in werking getree en maak dit vir alle diensverskaffers en aftreefondse verpligtend om aan die standaard vir openbaarmaking van kostes op aftredespaargeld te voldoen. Albei standaarde bekragtig die volle openbaarmaking van kostes gehef deur administrateurs, raadgewers en batebestuurders. Hierdie vlak van openbaarmaking bemagtig en onderrig beleggers in die beleggingskeuses wat hulle maak in die strewe na welvaartskepping.

Die onderstaande voorbeeld vermeng die PPS Balanced Index Tracker-fonds (klas A2) met drie van die gewildste kleinhandelfondse van die laaste jaar, gegrond op kleinhandelvloei van ASISA. Die tabel illustreer die korting in fooie wat die kliënt ervaar wanneer ’n passiewe fonds by ’n bestaande aktiewe portefeulje gevoeg word.

t

Ons beveel aan dat ’n finansiële raadgewer gekonsulteer word voordat enige beleggingsbesluite geneem word.

PPS Balanced Index Tracker-fonds

Die PPS Balanced Index Tracker-fonds is ’n passiewe multibate-hoë aandele-opsie vir langtermynbeleggers, gegrond op die versigtig-saamgestelde PPS Balanced Index. Daar sal tye wees wanneer die PPS Balanced Index swakker sal presteer as aktiewe batebestuurders, maar ons glo ’n portefeulje wat hierdie indeks navolg sal nuttige diversifisering bied vir beleggers wat aktiewe batebestuurders met ’n kern-navolgingsportefeulje wil kombineer in die oplossings wat hulle saamstel. Dié portefeulje is saamgestel as ’n geskikte, Regulasie 28-voldoende oplossing vir Suid-Afrikaanse beleggers wat spaar vir hul aftrede.

Die PPS Balanced Index Tracker-fonds het gegroei tot meer as R500 miljoen, en die toename in skaal het dit vir ons moontlik gemaak om die bestuursfooi te verminder na 40 basispunte. Gevolglik verwag ons dat die Totale Beleggingskoste (TBK) sal verminder van die huidige 80 basispunte na sowat 65 basispunte.

Deur: Hayley Brown,Uitvoerende Beampte:Besigheidsontwikkeling by PPS-beleggings

 

 

 

Join Login