Please update your browser: Your browser isn’t supported anymore. Update it to get the best experience from our website by downloading Google Chrome.

’n Kredietkaart wat jou bevoordeel


 ’n Kredietkaart wat jou bevoordeel

Gebruik nou krediet en trek terselfdertyd langtermyn- finansiële voordeel daaruit klink soos 'n onversoenbare idee. Maar dít gaan binnekort verander. Ons het met Standard Bank saamgespan om 'n platinum kredietkaart en betalingsoplossings aan PPS-lede te kan bied.

Die PPS-kredietkaart is 'n pasgemaakte oplossing wat ontwikkel is vir die beroepslui wat reis vir ontspanning of sake, met voordele só uitgewerk dat dit hul leefstyl ondersteun. Dit maak dit vir ons lede moontlik om hul opgehoopte beloningspunte oor die langtermyn in winsdeling-spaargeld te omskep deur die PPS Rewards app. Ook ingesluit is 'n digitale beursie, wat lede met kleinhandelvennote verbind vir 'n naatlose, geïntegreerde digitale ervaring.

Kleinhandelvennote sluit in brandstof, inkopies, gesondheid en vermaak. Dit is 'n ten volle digitale ervaring wat dit vir PPS-lede moontlik sal maak om pasgemaakte voordele te geniet en hul onderskeie Winsdelingsrekenings te laat groei.

Groei jou besigheid met elke transaksie.

Vir PPS-lede met 'n praktyk of besigheid het PPS verskeie betalingsoplossings met vasgestelde voorkeurtariewe bekendgestel. Afhangend van die aard van jou besigheid, kan jy kies uit vier betalingsoplossings:

1. POS tafelrekenaar of mobiele toestel

2. BluMobi-toestel

3. Aanlyn-betalings

4. Snapscan

Verder kan jy ook jou transaksies aanlyn bestuur deur Standard Bank se Merchant Online. Dit dien as 'n sentrale beheersentrum vir lede met veelvoudige besighede of takke. Hier kan jy enige tyd alle transaksies vir enige handelsdatum nagaan.

Besoek https://www.pps.co.za/card-payments/credit-card vir meer inligting oor ons nuwe aanbiedinge.

PPS is 'n gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer.

 

Deur: Peter Muwanula, Hoof: Venootskappe & Alliansies

 

Join Login